Gedigte in Afrikaans
If you want more, please tell me Last modified on Saturday, December 18, 1999
Hul vertel 'n legende reeds jare al oud
Van 'n seun wat gaan soek het na vensters van goud.
Ver beneé het die goudglans gelok en gewink
As die môreson goud op die huisvensters blink.
En. O! Hy't begeer om ook dáárheen te gaan,
Want sy huis het in sneeu op die bergtop gestaan.
Hy't natuurlik besef dat die veraf vallei
Maar moeilik bereikbaar is; daarom het hy
Baie dae en nagte beplan hoe om
By die huis met die pragtjge vensters te kom.
En een helder môre met dagbreek het hy,
Terwyl fonkelende douprag weerkaats uit die vlei,
Begin om stadig die berg af Le gaan
Na dj, huis wat daar ver in die leegte staan.
Hy het heeldag geklouter; sy voete was seer,
Gehawend sy toestand, sy klere geskeur,
Maar hy't eindelik tog, toe die son begin daal,
Die dorp in die vlei aan die bergvoet gehaal.
Dog die vensters met goudglans was skoon uit gesig
Want die huisie was in donker gehul, sonder lig.
En honger en moeg; en verlore en koud
Het hy uitgeroep:,,Waar is die vensters van Goud?"
En een het hom aangespreek:,,Seun, kyk daar!"
Hoog teen die berg kan jy hulle gewaar."
Die lig van die son, soos 'n groot goue bal
Het vol op sy eie klein huisie geval.
En die Heer, in Sy liefde, die Groot Môrester
Is, soos die Vensters van Goud, glad nie so ver.
Hy's altyd naby as ons Hom nodig het
En is altyd te vind in 'n stil gebed.
En soek ons na God, maak net oop vir Hom
dat Hy in Sy liefde, na' binne kan kom.
Helen Steiner Rice
[Next]
Nelson Mandela
[Previous]
Links to Africa
[Up]
Home Page
[Home]
Home Page
[Mail]
Send EMail to me